English     /    German   /   Spanish   /   Afrikaans   /   Italian

 
 

JOUBERT & MAY

Joubert & May se vennote is trots op die feit dat die bekwame en gekwalifiseerde personeel n groot bydrae gelewer het tot die sukses van die praktyk gedurende die 80 jaar van ons bestaan.

Die firma se kliënte kan getuig daarvan dat Joubert & May uitstekende diens te lewer wat eerstens en altyd in die beste belang van die kliënt is. Deur die jare het die firma besonderse werksverhoudinge met personeel van die verskeie howe in die omgewing asook veskeie plaaslike owerhede en administratiewe rade bewerkstellig.‘n Feit wat verder daartoe bydra dat die firma op hierdie gebiede uitmuntende resultate behaal.


Oor die afgelope jare het die firma substansieël belê in inligtings- en rekenaartegnolgie om in pas te bly met toenemende tegnologiese vooruitgang en ontwikkeling. Joubert & May is trots op die feit dat hulle BEE gesertifiseerd is en ‘n vlak 4 diensverskaffer is. Die Firma is ook gerigistreer as ‘n Finansieele dienste verskaffer.

Dit verseker nie net uitmuntende diens aan ons kliënte nie maar ook doeltreffende

kommunikasie  ter inligting van nuwe ontwikkelings en vooruitgang.

Die firma is aktief betrokke by heropbouings- en werkloosheidsprogramme in agtergeblewe  gemeenskappe en groepe in die omgewing.


Joubert & May prokureurs is gevestig in 1929 deur wyle Danie Joubert en Kaptein Frank May. By verre die oudste prokureursfirma in Tzaneen wat sedert hulle ontstaan reeds ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van die omgewing speel.

Vandag bestaan die firma uit Aldo Elisio Rech, Johan Jacobsz, Desiré-Lee Ernst, Elana Goosen, Daneel Retief en Lunghile Mayimele. Joubert & May dien ook op al die panele van kommersieele banke.


Die firma word ook geassosieer met baie van die groot  en gevestigde besighede in die Tzaneen omgewing.Die vennote van die firma kan met trots en eerlikheid sê dat die goed gekwalifiseerde en bekwame personeel van Joubert & May ‘n reuse bydra tot die firma se sukses gemaak het oor die afgelope 89 jaar.


Joubert & May word gereëld eerste geplaas  in die Limpopo Provinsie in die kategorie regs firmas  wat die meeste doen ter verbetering van die provinsie se ekonomiese  groei en ontwikkeling.

 

LEGAL WISE



“diens te lewer wat eerstens en altyd in die beste belang van die kliënt is.”

Danie Joubert

Captain Frank May

LEGAL COMPLIANCE


Certified Level 4 BB-BEE Provider

JOUBERT & MAY Direct Contacts


  1. Aldo Rech

  2. Johan Jacobsz

  3. Elana Goosen

  4. Desiré-Lee Ernst

  5. Daneel Retief

  6. Lunghile Mayimele